DIAMANT-FIETSWEDREN BIED ‘N ROETE VIR ALMAL

BESTMED CYCLE4CANSA SET TO ATTRACT BIG FIELD
February 11, 2019

DIAMANT-FIETSWEDREN BIED ‘N ROETE VIR ALMAL

Die nuwe Tshwane Diamond Classic-fietswedren se roete pas fietsryers van alle fiksheidsvlakke – van beginners tot professionele ryers.  So glo voormalige beroepsryer David Labuschagne.

Labuschagne is deesdae voorsitter van die Bestmed Bicycle Company, Pretoria se grootste fietsryklub, en sy klublede is oorgehaal om op 26 Mei die roete vir die eerste aanbieding van die Tshwane Diamond Classic aan te durf.

Die Tshwane Diamond Classic word aangebied deur Hectic Promotions, die nie-winsgewende maatskappy wat ook die Bestmed Cycle4CANSA en Tshwane Classic aanbied, in samewerking met Jacaranda FM.

Die Diamond Classic begin en eindig by Baviaanspoort se Korrektiewe Dienste net buite Pretoria en volg ‘n skilderagtige sirkelroete deur Cullinan, Rayton en Bronkhorstspruit.  Fietsryers kan kies tussen 110km en 50km.

“Dis ‘n vinnige roete mits die wind gaan saamspeel,” vermaan Labuschagne. “As die wind egter net  liggies waai gaan jaers dit baie geniet. Dit sal dan nie veel weerstand van voor bied nie, en daar sal heelwat plekke wees waar die wind lekker sal help.

“Die roete is nie geskoei op die ‘bergbokke’ nie – dis nou jaers wat hou van bergklim – maar die paar bulte sal tog ‘n bietjie woema uit die naelryers haal. Dis ‘n goed-gebalanseerde, uitdagende roete met ‘n fantastiese einde.”

Die roete kry die groen lig by Labuschagne wat veiligheid betref. “Die grootste deel van die roete vind op stil, mooi geteerde paaie in plaasgebeide plaas. Dit dra ook min verkeer. Hierdie faktore sal bydra tot ‘n ontspanne rit. Die teeroppervlak is deurgaans werklik goed.

Volgens Labuschagne toon padfietsry ‘n oplewing, grotendeels, glo hy, omdat Suid Afrikaaners in die Tour de France en ander internasionale wedrenne presteer. “Daar is ook baie deelneemers wat begin ry het op bergfietse en nou meer belangstel in padfietse.

“Die besef het begin posvat dat die lewe te kort is om net een tipe fiets te ry – padfiets het sy eie unieke bekoring.

Labuschagne glo die Diamond Classic gaan van krag tot krag gaan en dat dit ‘n volwaardige hoeksteen-wedren vir Pretoria gaan word.

“Pretorianers is die afgelope klompie jaar afgeskeep wat gehalte wedrenne betref.  Die Tshwane Diamond Classic asook die groot Tshwane Classic is ideale wedrenne wat vir Pretorianers die geleentheid gee om aan goed georganiseerde byeenkomste deel te neem sonder om ver te reis.”

Vir meer inligting oor the Tshwane Diamond Classic, gaan na www.cycleevents.co.za of epos hecticpromotions101@gmail.com

Foto onderskrif: Die speke gaan sing wanneer talle fietsryers op 26 Mei vanjaar aan die eerste weergawe van die Tshwane Diamond Classic-fietswedren deelneem.

Foto deur Deon Haak (Action Photo)

VRYGESTEL DEUR DE VILLIERS NATIONAL CYCLING, NAMENS DIE TSHWANE DIAMOND CLASSIC.

MEDIA NAVRAE EPOS DEVILLIERSCYCLING@MWEB.CO.ZA OF SKAKEL 083 269 7659.

Comments are closed.